Jy is ‘n wens
Athandwa se hart is anders as ander mense s’n. Vir so lank as sy kan onthou, kan sy haar hart hoor sing. Eers maak dit haar ’n bietjie bang. Hoekom is sy anders as ander mense? Maar toe sy haar hart probeer stilmaak, ontdek Atandwa ’n geheim – en ’n baie spesiale liedjie … een wat Mamma, Gogo en Koko ook ken.
Jy is liefde is ’n liriese verhaal oor hoe liefde en ons uniekhede ons oor generasies heen bind.
Die boek is ook beskikbaar in isiZulu en Engels.
Out of stock
Description
Ons het gewens en gewens vir iemand net soos jy. ’n Spesiale iemand wat by ons kan kom bly.
Hierdie prenteboek vertel op ’n deernisvolle en prettige manier die storie van verskillende gesinne wat kinders aanneem. Dit is die perfekte wegspringplek vir ouers wat met kinders oor aanneming wil gesels, en dit help kinders om te verstaan dat elke gesin spesiaal is – al lyk ons nie noodwendig dieselfde nie. Die outeur se tantieme op die verkope van die boek word aan Engo geskenk. Engo is ’n niewinsgewende en nieregeringsorganisasie wat ondersteuning bied aan individue en gesinne en betrokke is by die fasilitering van aannemings en ondersteuning bied aan aanneem-gesinne.
Die boek is ook beskikbaar in Engels.













