Pampoenpit se groen gevoel
Hierdie storie vertel hoe ‘n mens jou omgee moet vind wanneer jy ‘n groen gevoel van jaloesie kry … “Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ‘n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Die kwaad stoot in haar keel op en haar gesig word rooi, haar lip begin te bewe en haar neus trek op ‘n plooi. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ‘n groot groen monster wat dreig om te ontsnap. Maar Pampoenpit dink aan gister. Sy onthou Ouma se raad. Operasie Soek-jou-omgee begin nou op die daad!”
Hierdie boek is die derde in die Pampoenpit-reeks en word gelyktydig in Afrikaans en Engels uitgegee. Die ander titels is Prinses Pampoenpit en Pampoenpit kry ‘n Beat.
Die eerste boek, Prinses Pampoenpit, het byna 3 000 kopieë sedert publikasie in 2019 verkoop. Die tweede boek, Pampoenpit se groen gevoel, het reeds meer as 1 000 kopieë sedert publikasie in 2021 verkoop.
2 in stock
Description